WINKEL
besig om dit uit te brei sodat ons in hulle behoeftes kan voorsien . Die tuinbou-afdeling bied alles vir almal wat graag moue oprol . Gewilde handelsmerke soos die Jonssonreeks en Hi-Tec se veiligheidskoene is in ons klereafdeling beskikbaar . Ons hou ook werksklere soos veiligheidsdrag , oorpakke , skoene en handskoene aan . Ons verkoop baie pluklere , oesskêre en pluksakke wat noodsaaklik vir die vrugtebedryf is ,” verduidelik Brian verder .
Agrimark Tulbagh staan vrugteprodusente by met die oprigting van beskermende nette wat booor die boorde gespan word . Alle materiaal hiervoor , wat die nette , anker- en stutpale , gespesialiseerde ankerdrade en ander materiaal insluit , word deur hulle verskaf . Dit word nie altyd direk aan die produsent verskaf nie , maar die hele aankoop- en finansieringsproses word deur die winkel hanteer en materiaal word direk op die plase afgelewer . Volgens Steyn word nette al hoe meer gewild en produsente sien dit as ‘ n noodsaaklikheid om hul oeste te beskerm en so hul inkomste te help verseker .
Die winkel se bouafdeling is nog ‘ n
Links bo : In die afdeling vir boumateriaal is daar deurrame van hout en staal , vensterrame van verskillende groottes en ontwerpe , houtplanke en alle boumateriaal wat nodig is om ’ n huis te bou of op te knap . Regs bo : Twee groot Agrimark-vragmotors help om aflewerings by klante te doen . Onder : Tulbagh is ‘ n streek waar steen- en kernvrugte geproduseer word en die winkel bied pakmateriaal vir verskillende tipes vrugte en pakstore .
52 MARKtoe ! November 2023