MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 53

WINKEL

groeipunt en alle boumateriaal – van sand , stene en sement tot deur- en vensterrame , warmwatersilinders , houtbalke en meer word in die groot stoor waarin die bouafdeling gevestig is , geberg . Buite die stoor neffens die winkel is daar ook ‘ n verskeidenheid pale , draad vir omheining , plastiekwatertenks van verskeie groottes , en pype vir ‘ n verskeidenheid gebruike .

“ Ons sien om na die behoeftes van veeboere , veral beesboere , en verskaf ook veevoer aan hulle .”

Die rybaan verskaf brandstof , maar Agrimark Tulbagh het ‘ n tenkerwa met ʼ ’ n kapasiteit van 1 000 liter diesel wat na produsente geneem word om opvullings te doen . Tydens beurtkragfases is die gas-depot vir huishoudelike gas veral nuttig vir aanvullings . Omdat die winkel voorsiening maak vir produkte wat die dorp se inwoners benodig , word produkreekse voortdurend aangepas en uitgebrei soos die behoefte ontstaan . Hand- en kraggereedskap , boumateriaal , verf van al die groot handelsmerke , hondekos , troetel- dierprodukte en

saad vir voëls is van die produkte wat veral baie gewild is .

“ Ons kan nie altyd alles reg doen nie , maar ons hou aan probeer . Kyk maar na die Springbokke – hulle doen nie altyd alles reg nie , maar dan wen hulle tog ,” sluit Brian af .

Links onder : Die ingang na die winkel is oop en vriendelik en lei na ‘ n groot afdeling waar motorbenodigdhede soos motorolie , remvloeistof , motorskoonmaakmiddels en ander items aangebied word . Regs bo : Sementboublokke van verskillende groottes is by Agrimark Tulbagh beskikbaar . Dit kan ook by klante afgelewer word .
kirkwood hoofstraat 34 , 6120 Tel : 042 230 0272 www . agrimark . co . za Volg Agrimark op :
53 MARKtoe ! November 2023