MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 50

WINKEL

Agrimark Tulbagh se vier afleweringsvoertuie , twee 8 t- vragmotors en twee kleiner vragmotors , is in die pakseisoen feitlik die hele dag besig met aflewerings en soms werk hulle selfs ná-ure om seker te maak dat produsente hul bestellings betyds ontvang .

Buiten kern- en steenvrugte , soos pruime , perskes , nektariens , appels en pere , is die Tulbagh-omgewing ook bekend vir gesaaides soos kanola en ander graanvariëteite , en op kleiner skaal , vrugteverwerkingsaanlegte en veeboerdery . “ Ons sien om na die behoeftes van veeboere , veral beesboere , en

verskaf ook veevoer aan hulle . Vir bestellings in grootmaat lewer ons direk by hulle op die plaas af . Dit geld ook vir kunsmis en brandstof . Saam met die veevoer , soos melassemeel , soutlek en lekblokke , gaan daar natuurlik ook veemedisyne en swael vir die produsente wat vrugte droog . Ons verskaf spesiale voer vir ʼ ’ n volstruisboerdery waar hulle volstruiskuikens grootmaak voordat hulle na Oudtshoorn verskuif word . Wanneer ons hoor van produsente wat ʼ ’ n ander mark betree , sien ons dit as ʼ ’ n geleentheid om ons diens uit te brei en sorg ons dat ons in hulle behoeftes kan voorsien ,”

Links bo : ‘ n Uitgebreide verskeidenheid van saad , blomplante en groente is beskikbaar . Regs bo : Tuingereedskap , van snoeiskêre en handharkies , tot groot grawe en tuinvurke kan by die winkel gekry word . Links onder : Die verfafdeling bied al die bekendste handelsmerke aan en die mengtoonbank hou rekord van alle bestellings sodat klante daarna kan terugverwys . Regs onder : Hand- en kraggereedskap maak ‘ n groot deel van die gereedskapafdeling uit .
50 MARKtoe ! November 2023