WINKEL
“ Die manier waarop ons mense behandel – en dit sluit die klante wat hier inkom in sowel as die personeel wat hier werk – is vir my die basis van ‘ n gesonde werksomgewing .”
Hy verduidelik dat die area se grootste produsente in die steen- en kernvrugtebedryf is en dat produkte soos appels , pere , nektariens en pruime die oorgrote meerderheid van die produksie uitmaak . Die winkel ondersteun ook ‘ n hele aantal wynkelders en agt pakstore wat verskillende vrugte verpak . Om in al hierdie vrugteprodusente se behoeftes te voldoen , hou Agrimark Tulbagh ʼ ’ n wye verskeidenheid pakmateriaal aan .
“ Ons is juis nou besig om ons voorraad vir die komende pakseisoen in orde te kry om te verseker dat ons reg is om die produsente te bedien sodra die seisoen aanbreek . Op die oomblik is dit maar bietjies-bietjies materiaal wat uitgaan , maar binne die volgende drie weke gaan dinge vinnig verander ,” vertel Willandré Fortuin , die senior handelsklerk . Sy is in beheer van die pakmateriaal en sy is ook Brian se regterhand as hy nie by die winkel is nie .
“ Die seisoen word nou afgewag en ons is besig om seker te maak dat ons voorraadvlakke voldoende is . Om al die pakmateriaal te huisves en te versprei is ‘ n nuwe stoor in 2022 aangebou . Die binne-pakmateriaal word in die stoor hier langs die winkel aangehou terwyl die kartonne en ander pakitems in ons ander twee store gehou word .” Sy voeg by : “ Die seisoen kan maar kom , ons is reg vir hom .”
Die winkerl is in die hartjie van die dorp en in die hart van die landbougemeenskap op Tulbagh geleë
49 MARKtoe ! November 2023