WINKEL
AgrimArk TulbAgh : groei saam met die gemeenskap
’ n mens kom gou agter dat die suksesvolle bedryf van Agrimark Tulbagh vir brian Steenberg na aan die hart lê as hy oor die werksaamhede by die winkel begin gesels .
Bo : Die span van Agrimark Tulbagh is , agter , van links na regs : Richard van Wyk , Keanan Adams , Willow Janse , Brandon May , Brian Steenberg , Pierre Pietersen en Adri Mostert . Middel : Albertino Williams , Deon Pietersen , Willandré Fortuin , Desmond Domingo , Keeno Pietersen en Michael Qilo . Voor is Marlon van Wyk . Onder links : Brian Steenberg , bestuurder van Agrimark Tulbagh .
48 MARKtoe ! November 2023
Deur : Danie Keet | Fotografie : Michel dei-Cont
“ Die manier waarop ons mense behandel – en dit sluit die klante wat hier inkom in sowel as die personeel wat hier werk – is vir my die basis van ‘ n gesonde werksomgewing . Sonder eienskappe soos eerlikheid , betroubaarheid , en regverdige optrede kan ons nie werk nie . En boonop moet dit met die regte gesindheid gedoen word . As jy met ‘ n glimlag op jou gesig loop , raak dit nog makliker ,” beskryf hy sy benadering .
Brian , oorspronklik van Worcester , het binne 13 jaar van algemene werker gevorder tot in bestuur en hy is die afgelope twee en ‘ n half jaar takbestuurder van Agrimark Tulbagh .