LANDBOU
van die vrugte vir uitvoer bestem is . Ons kyk veral na boorddefekte , kolletjies op die vrugte , insekteskade en ander merkies – dis dus hoofsaaklik kosmeties van aard en gee ‘ n aanduiding van die gehalte van die vrugte waarmee ons werk . Ons probeer dan ook bepaal watter vrugte lang- , medium- en korttermyn geberg gaan word ,“ verduidelik Petri .
Hy vertel dat die berging en verpakking ook afhang van die kultivars en of dit vroeë of laatvrugte is , want dit het ‘ n invloed op die bergingstydperke – pre-optimum , optimum en postoptimum .
“ Pre-optimum se vrugte word vinnig vir die mark weggepak en word volgens hul rypheid beoordeel .
‘ n Rakkekamer waarin vrugte vir die plaaslike mark gestoor word by die Frupak-pakstoor .
Dit kan die groener fase van die vrug insluit . Optimumvrugte is gewoonlik die tweede of derde pluk in ‘ n boord en vrugte in die postoptimumfase moet weer vinnig mark toe omdat die drukking in die vrug al verander het en dit ook