LANDBOU
Toerusting vir die BAkamers , insluitend ‘ n stikstof-generator .
koelkamers en die bemarking . Hulle het vanjaar hul eie bemarkingsmaatskappy onder die Frupak-vaandel gestig . Philip is in beheer van die koelkamers en die bemarking . In 2010 het hy vir ‘ n ander vrugteverpakkingsmaatskappy aan die bemarkingskant gewerk en daarna vir drie jaar op Citrusdal voordat hy verlede jaar by Frupak aangesluit het .
“ Die pakstoor het twee lyne en een vir klasverpakking met 8 paktafels op elke lyn . Die deurset is van kardinale belang en elkeen wat langs die paktafels en op die lyne werk , weet presies wat van hulle verwag word ,” verduidelik hy .
“ As die vrugte hier aankom , word daar onmiddellik ‘ n gehaltemonster geneem om na defekte wat moontlik op die vrugte mag wees , te sien . Ons het ‘ n nat en droë ontvangsgedeelte , wat ook verskillende grootte kratte en verskillende vrugtesoorte kan hanteer . Sommige steenvrugte word nie in water vervoer nie , ook nie sekere peerkultivars nie . Die dompelaar wat die kratte van produsente ontvang , kan alle groottes hanteer – ook die mini-kratte – en dit dompel alles outomaties op die vervoerbande wat dit na die sorteerlyne neem . Dis reeds in hierdie stadium wat daar oorweeg word watter persentasie
37 MARKtoe ! November 2023