batterye kan 100 kVH stoor . Dit is genoeg as die krag af is , mits die kragopwekkers bystaan . Hy vertel dat die batterye het ook ‘ n beperkte leeftyd het en die aantal siklusse word vinnig minder hoe meer die batterye ontlaai word . Nie een van die batterye kan meer as 5 000 siklusse hanteer nie . Hulle gebruik nie tans al die krag wat hulle opwek nie en daar is omtrent 150 kVA wat verlore gaan omdat hulle nie netwerktoegang kry nie .
Die pakstoor het verskeie koelkamers waarin die vrugte vir wisselende tye geberg kan word . Die beheerde atmosfeerkamers ( BAkamers ) word gebruik vir vrugte wat langer geberg word – tot 10 maande . Daar is geen suurstof of enige lig in hierdie kamers nie om te
verseker dat die vrugte nie verder fotosinteer en dus ryper word nie . Frupak het plek vir 35 000 kratte in hul BA-kamers .
Die RA-kamers , gereguleerde atmosfeerkamers , word vir korttermynberging gebruik . Die temperatuur in beide hierdie soorte kamers is -0,5 grade Celsius . Dan is daar ook nog tussen 200 en 300 tonnelkamers waar vrugte wat klaar verpak is , voor versending na die plaaslike mark geberg kan word . Daar is ook twee palettekamers , een wat 800 palette en een wat 500 palette kan hanteer . ’ n Steriliseringskamer vir vrugte wat na spesiale markte gaan , kan 320 palette huisves .
Ons stap na die reusagtige geboue wat ‘ n reeks koel- en