MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 34

LANDBOU

Kragonderbrekings is vir ons ‘ n nagmerrie – as jy nie kan verkoel nie , verlep die vrugte en kan jy dit nie verpak en versprei nie . En om daardie rede moes ons groot onkoste aangaan om alternatiewe en meer betroubare kragbronne hier te installeer ,“ vertel Petri .

“ Kragopwekkers is baie duur om te gebruik – dis lekker om hulle te hê , maar jy wil nie self diesel ingooi nie – teen 200 l per uur is dit ‘ n massiewe uitgawe as daar kragonderbrekings is . En jy kan aan hul enjins hoor as die kragopwekkers aangaan – jy sien net so ‘ n rookwolkie bo hulle .”

Petri sê sonkrag is goed om te hê , maar dat dit onbetroubaar is en nie

meer as 35 % van die kragbehoeftes lewer nie . As die verkoelingstelsels op sonkrag loop en daar gaan wolke voor die son verby , slaan die krag dikwels af en moet die kragopwekkers inskakel – iets wat outomaties gebeur .

“ As jy net sonkrag wil gebruik , moet jy goeie ondersteuning van Eskom of jou kragopwekkers kry in daardie tye wanneer sonkrag min is . Sonkrag is ‘ n antwoord , maar nie dié antwoord nie ,“ meen hy .

Hy wys na ‘ n groot kamer waarin daar reusebatterye staan wat deur sonkrag gelaai word om later te gebruik . Die pakstoor het 500 kVAsonpanele op die store se dakke om te help met beurtkrag . Die

‘ n Lugfoto van die groot pakstoor van Frupak .
34 MARKtoe ! November 2023