MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 33

FRUPAK
LANDBOU

FRUPAK

Om ‘ n pakstoor te bedryf is geen geringe taak nie en om dit suksesvol te doen en vol te hou , verg hare op jou tande .

Maar dit is presies wat Petri Fourie van Frupak doen . Hy het al deur die jare bewys dat hy met doelgerigtheid sorg dat die onderneming gedy , moeilike tye ten spyt . Maar as jy jou bedryf goed ken , weet wat die slaggate en geleenthede is , is sukses onvermydelik .

Saam met sy seuns , Cobus en Philip , en sy span kundiges , bedryf Petri al sedert 1991 die onderneming met doelgerigtheid en ‘ n ysterhand . Hulle is ook die eienaars van Heideland , ‘ n kern- en steenvrugteplaas in die Tulbaghvallei .

“ In ons bedryf is die voorsiening van krag een van die vernaamste boustene . As jy nie elektrisiteit het vir die pakbane en koelkamers nie , gaan jou besigheid ten gronde .

Philip ( links ) en Cobus Fourie bedryf saam met hul pa , Petri , die pak- en verkoelingsaanleg van Frupak . Hulle besit ook die Heideland-vrugteplaas .
33 MARKtoe ! November 2023