MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 32

LANDBOU
Links bo : Werkers is besig om waterlote uit te knip en om te versker dat die regte hoeveelheid vrugte aan elke tak is vir optimale drag . Regs bo : Kalanderbande word om die stamme van vrugtebome gebind om te keer dat die insekte skade aan die bome aanrig . Links onder : Klein pere aan die bome .
00 MARKtoe ! November 2023

“ Ons het surplusgrond , maar ons gebruik dit nie nou nie omdat ons tussen 2017 en 2019 droë jare gehad het waartydens ons net-net met ons damkapasiteit uitgekom het . Ons wil nie nou onnodige risiko ’ s neem en nog aanplantings doen nie . Ons werk ons totale aantal hektare waarop ons vrugte kan verbou uit volgens die water wat per hektaar beskikbaar is , en ons is nou omtrent waar ons kan wees . Daar is reeds 7 ha jong bome wat gevestig word . Met goeie winters soos vanjaar hoef ons eers later te begin besproei en as die vroeë kultivars geoes is , is waterverbruik ook minder .

Dat daar ‘ n rooskleurige toekoms op Heideland wag , is gewis . Noukeurige beplanning , toewyding en ‘ n passie vir landbou dra alles by tot hierdie sukses .