MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 31

LANDBOU

“ Met die goeie reëns het Heideland nie ‘ n tekort aan water nie . Ons pomp uit die Klein Bergrivier na ‘ n dam van sowat 250 000 kb m op die plaas . Ons is een van die laaste plase langs die rivier wat water pomp . Van die dam af word dit na die verskillende boorde versprei . Dit is maar ‘ n duur proses , omdat ons geen verspreiding van gravitasie het nie .

“ Ons is reeds besig met die vroeë kultivars en het reeds op kleinskaal begin pluk ,” vertel hy ons tydens ons besoek laat in Oktober .

Ons is besig om stelselmatig al ons besproeiing te outomatiseer om beter vir beurtkrag te beplan .“

“ Omdat ons ‘ n vroeë produksieplaas is , probeer ons om optimale opbrengs per hektaar te verseker sonder om gehalte in te boet .”

Heideland het 13 permanente werkers , maar in die piekseisoen is daar tot 90 mense en meer werksaam . In die voorbereidingstyd is die werksmag kleiner .

31 MARKtoe ! November 2023