LANDBOU
“ Ons het loot- en vrugtellers wat lote en vrugte agter die snoeiers en uitdunners tel om ons geskatte tonne te monitor . Hierdie prosesse is baie arbeidsintensief en ons pas dit op al ons kultivars toe ,” sê hy . Om verder te verseker dat gesonde vrugte gelewer kan word , word uitgebreide spuitprogramme deur die jaar gevolg . Kalanders is ook iets waarvoor hulle voortdurend moet waak en kalanderbande word om die stam van elke boom gebind om te verhoed dat die insekte die boom verder beskadig . Soms word bespuiting teen die insekte snags gedoen . Vroeër vanjaar het ysreën skade aan die vrugte aangerig , maar dit was darem nie te ernstig op Heideland nie . Volgens Arno is netstrukture die vooruitsig vir sommige van hulle kultivars op die plaas .
“ Omdat ons ‘ n vroeë produksieplaas is , probeer ons om optimale opbrengs per hektaar te verseker sonder om gehalte in te boet .”
“ Ons het vanjaar baie reën gehad , maar as jy , soos ek , uit die Boesmanland kom , is daar nooit te veel water nie . Te veel reën kan egter nadelig vir die vrugte wees as dit naby aan oestyd is . Gelukkig is ons grond baie goed gedreineer en lei die bome nie skade weens te veel reën nie ,” verduidelik hy .
Ask you friendly salesman for assistance !
30 MARKtoe ! November 2023