LANDBOU
verduidelik hy .
“ Met die pruime , perskes en nektariens is somersnoei en versorging deur die jaar ook belangrik om goeie drag te verseker . Ons doen nou al die eerste somersnoei , maar ons haal nie te veel takke af nie om sonbrand te voorkom . Die bome word selektief oopgemaak tot voordeel van die vrugte se set en kleur .“
Heideland se Early BC het nie `n kleurfaktor nie . Fermheid en suiker ( rypheid ) is die bepalende faktore in die optimale plukvenster . Die pere word ook uitgedun en as hulle sien die lading aan die boom is te groot ,
word dit met die hand afgegooi . “ Dit is baie arbeidsintensief , maar steeds baie belangrik om die regte gehalte vrugte in die mark te kan kry . Ons moet seker wees , want ons moet vrugte kan lewer wat die markte vereis .“
Hy vertel dat van die kultivars bietjie vroeër is as verlede jaar en dat die African Rose-pruime al begin draai het . Die venster vir die groeikurwe is nie baie lank nie weens die lang winter wat vanjaar se groeiseisoen gekenmerk het . Die vrugte het nou sonlig nodig om te kleur en in hierdie stadium lyk die vruggroottes ook belowend .
Bo : Pruime maak die grootste deel uit van die vrugte wat op Heideland verbou word . Onder : Die boorde staan welig in drag en groot sorg word aan die dag gelê om seker te maak dat die vrugte nie brandskade in die somerson opdoen nie .
29 MARKtoe ! November 2023