MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 28

LANDBOU
Bo : Perskes is besig om ryp te raak en is byna reg vir die komende oes wat binne die volgende paar weke gaan begin . Regs : Op Heideland word daar hoofsaaklik met pruime geboer , maar ander steen- en kernvrugte word ook hier geplant .

optimale opbrengs per hektaar te verseker sonder om gehalte in te boet . Kleur en die grootte van die vrugte speel natuurlik ’ n groot rol hierin . Ons produseer tans ongeveer tussen 28 t en 35 t per ha steenvrugte en ons probeer om die kernvrugte op ongeveer 40 t per ha te hou . Ons het in die verlede al tot soveel as 60 t per hektaar afgehaal , maar dit hang van klimaatfaktore af . Hier speel koue-eenhede ‘ n groot rol . In die Bokkeveld is daar byvoorbeeld baie meer koueeenhede beskikbaar as hier by ons en dit lei dan weer tot groter opbrengs per hektaar .

“ Met die produksie van ons steenvrugte is ons verseker van goeie grootte en gehalte , wat beter pryse in die mark kan realiseer . Ons wil nie noodwendig meer tonne produseer nie , want dan boet jy dikwels in op die grootte en gehalte van die vrugte , wat weer tot swakker pryse aanleiding kan gee .“

Arno verduidelik die prosesse wat hulle volg om optimale produksie van hul pruimbome te verkry .

“ Ons bome is tans baie gesond en ons laat nie toe dat hulle te swaar met vrugte belas word nie . Deur die seisoen word oortollige groei verwyder , veral op jong bome . Ons wintersnoei begin middel Mei tot Augustus . Waterlote word tydens somersnoei uitgesny omdat dit te veel energie van die boom trek ,”

28 MARKtoe ! November 2023