HEIDELAND
LANDBOU
HEIDELAND
Heideland , van die Fouriefamilie , lê so ʼn paar kilometer buite Tulbagh aan die voetheuwels van die Witzenberge . Hier word steen- en kernvrugte noukeurig verbou en vir sowel die plaaslike as uitvoermark voorberei .
Hierdie tyd van die jaar is daar ‘ n onderliggende dringendheid aan die werk wat op die plaas gedoen word – alles ter voorbereiding van die nuwe vrugteseisoen wat binnekort begin . “ Ons het ‘ n goeie winter gehad met baie reën en genoeg koueeenhede om die vrugte goed te laat set . Die vrugte se kleur lyk reeds goed en die drag is ook belowend . Alles dui op ‘ n goeie jaar , maar ‘ n mens kan nooit heeltemal seker wees nie omdat jy met die natuur werk – enigiets kan nog gebeur ,“ vertel Arno Maass , plaasbestuurder op Heideland , terwyl hy ons deur die boorde vat .
Arno is oorspronklik van Pofadder in die Noord-Kaap , waar hy grootgeword het . Skaapwêreld soos hy dit beskryf .
Steyn van Niekerk ( links ), bemarker van Agrimark Tulbagh saam met Arno Maas in Heideland se pruimboorde .
25 MARKtoe ! November 2023