LANDBOU
As die wyn op standaard is , praat die wyne vir hulself – ek moenie die wyn verteenwoordig nie , hy moet vir homself kan praat en ek wil dit net voorsit ,” sê sy .
“ Ons uniekheid en dit wat ons van ander wynplase in die Tulbaghvallei en elders onderskei , lê daarin dat ons baie aandag aan detail gee . Ons is ‘ n klein en jong span wat op die plaas en in die kelder werk , maar ons kom goed met mekaar oor die weg . As iets in ‘ n afdeling gebeur , weet almal daarvan en ons kan mekaar vra om te help . En as jy iets nuuts wil probeer , is die ander by om raad te gee – ons kan dus op mekaar staatmaak ,” verduidelik sy trots .
“ Hier op Saronsberg kom die kuns van wynmaak en beeldende kunste werklik bymekaar . Nick is ‘ n groot kunsliefhebber en sy persoonlike versameling word hier uitgestal . Dit sluit werke van kunstenaars soos Bettie Cilliers-Barnard , Walter Battiss , Angus Taylor en William Kentridge in . Hier kan die twee kunsvorme saam geniet en waardeer word ,” is haar filosofie .
Saronsberg se kunsversameling is al wyd bekend . Dit bied eerstens ‘ n toonbeeld van die diversiteit van die Suid-Afrikaanse kunserfenis ; tweedens word die kunswerke word op ‘ n unieke manier ten toon gestel , soos op die grasperke voor die proelokaal ; en derdens bied dit ook ʼn besonderse fokus op verskillende kunstenaars se beeldhouwerk .
Die Saronsberg-wynkelder in die hartjie van die Tulbagh-vallei is beslis ‘ n besoek werd .
24 MARKtoe ! November 2023