MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 23

LANDBOU

te kan regverdig , moet ‘ n kelder ongeveer 3 miljoen bottels per jaar kan volmaak . Etikettering word self hanteer en op die plaas gedoen . Die etikette is deel van hul trots en spesiale moeite word daarmee gedoen .

Saronsberg is in die gelukkige posisie dat die meeste van hul wyn jaarliks uitverkoop . Veroudering vind in die vatkelder plaas waar groot Franse eikehoutvate opgestapel lê . Hulle is juis nou besig om die vate skoon te maak en te herstel vir die nuwe seisoen se wyn . Hulle verkoop ook hul wyn as dit nog jonk is en tans is die 2023-oesjaar se wyn al beskikbaar . Van die rooiwyn word tot 20 maande in vate verouder en dan verder in bottels sodat dit drinkgereed is .

Om te verseker dat die fokus van besoekers aan Saronsberg op die wyn bly , het hulle nie ‘ n groot restaurant nie en bied hulle nie groot etes aan nie . Kaasborde word wel saam met wynproeë aangebied . Daniela glo hul uniekheid lê in Saronsberg se fokus op gehalte en konstante strewe na verbetering .

“ Ons is ‘ n jong span wat lekker saamwerk en omsien na mekaar . Ons deel dieselfde doelwitte en almal is daarop gefokus om net die beste te doen . My droom is om aan te hou om goeie wyne te maak waarop ons trots kan wees en ek wil nooit skaam wees oor ‘ n bottel nie .

Saronsberg het sowat 4 ha olyfbome en produseer hul eie olyfolie .
23 MARKtoe ! November 2023