LANDBOU
Ná sy grootwordjare daar , is hy oorsee en het hy vyf jaar in Engeland gewerk . Met sy terugkeer was hy verkoopsverteenwoordiger vir landbouprodukte en het hy in die Witzenbergstreek in die vrugtebedryf begin werk voordat hy agt jaar gelede by Heideland aangesluit het . Hy is al 10 jaar getroud met Heleen , ‘ n onderwyseres wat pas haar eerste kinderboek , Ella se droom , gepubliseer het . Hulle het twee dogters op laerskool . Sy gesin is vir hom die belangrikste in sy lewe en hulle het ‘ n baie hegte familieband . Perskes , nektariens , pruime en pere van verskillende kultivars word hier gekweek . Daar is tans sowat 50 ha onder steen- en kernvrugte waarvan 42 ha in volle produksie is . Pere is op sowat 5 ha gevestig , maar pruime is steeds die plaas se hooffokus .
“ Ons het ‘ n goeie winter gehad met baie reën en genoeg koue-eenhede om die vrugte goed te laat set .”
“ Ons is reeds besig met die vroeë kultivars en het reeds op kleinskaal begin pluk ,” vertel hy ons tydens ons besoek laat in Oktober .
“ Peerkultivars soos Early BC ( Early Bon Chretien ) en pruime soos Black Red 1 , Black Splendour , Fortune , Angelino , Ruby Star en African Delight , wat almal op verskillende tye van die jaar ( tussen
26 MARKtoe ! November 2023
VERSATILE SOLUTIONS FOR
Precision Tools
Original Ruwag
Quality Guaranteed
tel : 0861RUWAGT , email : sales @ ruwag . co . za , www . ruwag . co . za