MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 20

LANDBOU

nie ,” beduie hy . “ Die grond op die plaas is maar klipperig , maar dit lei weer tot goeie dreinering . Die boonste gedeelte van die plaas , soos ons daarna verwys en wat eintlik as Die Erf of Welgegund bekend staan , is die grootste gedeelte van ons grond en lê reg langs die onderste deel , of Sneeusig . Ons is min of meer in die middel van die Tulbaghvallei en die grond strek tot teen die hange van die Saronsberg . Die onderste deel het meer skaliegrond en dis warmer wat maak dat die wingerdstokke harder moet werk om die voedingstowwe in die trosse te kry ,” verduidelik hy .

“ Die baie reën wat ons vanjaar gehad het , het gelukkig nie die wingerd beskadig nie . En die onderste plaas het skaars die helfte van die reën gekry in vergelyking met wat op die boonste gedeelte geval het . Die wingerde was toe ook nog dormant en die lote het dus nie seergekry nie ,“ sê hy .

Roux , wat op Robertson op ‘ n wingerdplaas grootgeword het , vertel dat hy baie by Dewaldt geleer het in die tydjie wat hulle saam gewerk het en dat hy ‘ n goeie resep gehad het . “ Ek bou net voort op daardie resep en hoef nie juis aanpassings te maak nie . Ek het nog altyd ‘ n liefde vir die landbou en spesifiek wingerdbou gehad . Nou kan ek alles wat ek by die Universiteit van Potchefstroom en by die Elsenburg-landboukollege

Die boonste gedeelte van Saronsberg staan as Welgegund bekend en is teen die hange van die Saronsberg geleë . Verskillende kultivars word hier verbou .
20 MARKtoe ! November 2023