MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 21

LANDBOU

geleer het , by daardie resep voeg ,” glimlag hy .

“ Ek was effens verbaas dat ek ook na sowat 100 beeste en 4 ha olyfboorde met verskillende kultivars moes omsien toe ek hier aankom , maar ons het ‘ n uitstekende span van ongeveer 38 permanente mense wat almal goed opgelei is . Ons voorman , Niel Booysen , met die bynaam Pou , is doofstom , maar almal weet wat hulle moet doen as hy met hulle kommunikeer – met sy eie gebaretaal ,” voeg hy by .

“ Daar is boonop 16 selfsorgkothuise wat 52 gaste kan akkommodeer en ‘ n trou-venue op die plaas en gaste trou sommer onder die reuse-eikebome voor die proelokaal ,” beskryf hy .

“ Ons uitdagings vir sukses is om die spanne mense op die produktiefste manier te bestuur . As almal hul kant bring en ons volg die riglyne wat vir ons gestel is , kan ons voortgaan om gehaltedruiwe aan die kelder te lewer en sal ons sukses behaal ,“ meen Roux .

Daar is ongeveer 38 permanente werkers op Saronsberg , maar in die piekseisoen wanneer druiwe vir die wynkewlder gepluk word , is daar omtrent twee maal soveel . Daniela word bygestaan deur haar assistent-wynmaker , Dimitri Vermeulen , en een kelderwerker .

Hulle botteleer nie self nie , maar kry kontrakteurs in wat dit op die perseel vir hulle doen . Daniela meen om ‘ n eie botteleringslyn

Links : Die vlekvryestaaltenks in die kelder van Saronsberg is gereed vir die nuwe oesjaar se wyn . Regs : Die groot akkerbome voor die proelokaal bied lekker skaduwee vir ‘ n buitelugwynproe .
21 MARKtoe ! November 2023