LANDBOU
uitkyk op die prosesse en tegnieke ,” sê sy .
“ Ek het ‘ n groot liefde vir rooiwyn en spesifiek vir shiraz . Saronsberg en shiraz is al sinoniem met mekaar . In die kelder produseer ons ongeveer 70 % rooiwyn en 30 % witwyn . Ek geniet dit ook om witwyne te maak en ons word gelei deur die wingerde wat hier geplant is . Die afgelope paar jaar het ons produksie taamlik drasties toegeneem van sowat 500 t per jaar toe ek hier begin het , tot verlede jaar se 606 t . Ons koop wel nog druiwe in – van die Swartland , Stellenbosch en Darling af – maar ons hoop om eendag net ons eie wingerde se druiwe te verwerk . Die aanvraag na ons wyne is egter
baie groot en ons moet werk met wat ons kan kry en wat volgens ons standaarde aan ons gelewer kan word ,“ verduidelik Daniela .
Grenache , mourvèdre , cabernet sauvignon , merlot , petit verdot , malbec , cabernet franc , pinot noir , sauvignon blanc , chardonnay , viognier , nouvelle , chenin blanc , semillon en muscat de frontignan is van die ander kultivars wat hulle ook op Saronsberg plant .
Saronsberg produseer ‘ n wye verskeidenheid wyne ondanks hul fokus op shiraz . Onder hierdie wyne tel die Shiraz Rosé MCC 2022 , wat ‘ n tipiese rooskleurige voorkoms het . Shiraz maak ‘ n groot deel van die inhoud van die wyn uit . Die Method Cap Classique MCC 2019 wat ʼn
Roux Conradie is die wingerdboukundige op die plaas
18 MARKtoe ! November 2023