MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 17

LANDBOU

nie . Dit was eintlik die perfekte tydsberekening .”

Veral die fisiese werk is vir haar as vrou in die wynbedryf ʼn uitdaging , vertel sy . Sy meen dit is ook hoekom baie mense glo dat vrouens nie dieselfde werk as hul manlike eweknieë kan behartig nie .

“ Dit raak beter omdat daar al hoe meer vroue in bedryf is . Toe ek net begin het , is daar baie keer gesê vroue kan dit nie baasraak nie , maar as jy jou man kan staan en wys jy kan die werk doen , word jy aanvaar . Vroue is in elk geval beter proeërs as mans en hulle het ‘ n beter reuksin en ek glo ons maak beter wyne as mans – ons moet net deur die fisiese uitdagings kom .”

Daniela vertel dat die leerproses by ander kelders oorsee nie alleen vir haar baie van wynmaak en verskillende tegnieke geleer het nie , maar dit het ook haar menseverhoudinge versterk .

“ Daar moet jy vinnig leer om met mense van oraloor te werk . In die VSA was ons in ‘ n stadium 10 parshulpe wat van 5 verskillende lande afkomstig was . Jy word gedwing om saam te werk en om met vreemde tale en kulture oor die weg te kom ,” glimlag sy .

“ In Portugal het ek met baie ongewone kultivars gewerk wat nuwe uitdagings vir my gebied het . Hier by die huis werk jy weer met die bekendes , maar met ‘ n nuwe

Saronsberg is veral bekend vir sy shiraz-wyne en word gereeld daarvoor vereer , maar hulle produseer ook wyne van ‘ n hele reeks ander kultivars .
17 MARKtoe ! November 2023