LANDBOU
wêreld te werk , was my groot droom . Daar kry jy nie alleen te doen met verskillende tegnieke nie , maar jy leer ook kunsies van ander wynmakers en jy werk met ‘ n verskeidenheid kultivars – baie wat nie eers in Suid-Afrika bekend is nie . Wynmaak is mos maar eintlik ‘ n resep , maar dit is die manier waarop ander wynmakers dit toepas , wat vir jou baie kan leer ,“ vertel sy .
Daniela het op Somerset-Wes grootgeword en ná skool het sy by die Elsenburg-landboukollege Keldertegnologie gaan swot . Nadat sy in 2017 afgestudeer het , het sy eers vir ses maande by die Jordankelder op Stellenbosch gewerk en toe haar internasionale wynreis
begin . Sy was vir ses maande in die VSA , toe weer ses maande by Jordan , en daarna vir twee maande in Portugal , waarna sy na Suid- Afrika teruggekeer het en die aanbod van Saronsberg gekry het .
“ Ek is nou bietjie meer as 4 jaar hier en ek was aanvanklik Dewaldt se assistent-wynmaker totdat hy na ‘ n ander kelder geskuif het . Dewaldt was 20 jaar op Saronsberg en ek het ongelooflik baie by hom geleer omdat hy die plaas en die verskillende wingerdblokke so goed geken het . Maar omdat ek voorheen ook al hier gewerk het en die opset geken het , was dit maklik om in te skakel . COVID het ook ‘ n stokkie voor my reisplanne gesteek , maar vandag is ek glad nie spyt
Unieke beeldhouwerke is buite Saronsberg se proelokaal te sien terwyl besondere skilderye en kleiner beeldhouwerke binne vertoon word
16 MARKtoe ! November 2023