LANDBOU
hoofhuis en ‘ n paar werkershuise ongeskonde gelaat het , het die proses versnel . ‘ n Proelokaal en kelder is dus gebou en die eerste oes is in Januarie 2004 ingebring .
“ Sedertdien het ons baie pryse gewen en ons wyne verkoop goed , op die plaaslike sowel as die buitelandse mark . Een van ons wyne , Saronsberg Shiraz , is steeds die mees konstant bekroonde shiraz in Suid-Afrika ,” spog Daniela .
‘ n Ander shiraz wat ook eie is aan Saronsberg , is hul Sekelmaan .
“ Ons pars snags en een aand in 2015 het Dewaldt Heyns , die vorige wynmaker , in ‘ n 10 jaar oue shiraz-blok gestaan toe hy gesê het dat jy eers presies weet wat dit kan lewer as jy so lank met een blok werk . Die maan het pas opgekom en net ná twaalfuur daardie nag , op 25 Februarie 2015 , is die eerste Sekelmaan van daardie enkelwingerd gepars . Die wyn word steeds apart gehou en vir 20 maande in vate van nuwe Franse eikehout verouder voordat dit ‘ n verdere 60 maande onder perfekte omstandighede in die bottel verouder word .
Daniela vertel dat sy nie van plan was om so vinnig ‘ n permanente aanstelling te soek nie , maar toe die geleentheid hom voordoen , kon sy nie anders as om dit te aanvaar nie .
“ Om in die verskillende wynproduserende streke van die
Die Sekelmaan Shiraz is ‘ n wyn met ‘ n besonderse storie daaragter en word in beperkte hoeveelhede uit ‘ n enkelwingerd gemaak .
15 MARKtoe ! November 2023