SARONSBERG
LANDBOU
SARONSBERG
“ Ek het altyd gedink ek wil baie reis en by verskillende wynmakers dwarsoor die wêreld leer . Dis wat van jou ‘ n goeie wynmaker maak : die ondervinding wat jy in verskillende wynkelders in al die groot wynproduserende streke van die wêreld opdoen . Ander wynmakers is die beste leermeesters ,” sê Daniela Jansen , wynmaker van Saronsbergkelder , waar ons gesels in die ruim proelokaal op die plaas .
Saronsberg is in die Tulbaghvallei geleë en het oor die jare al sinoniem met een besonderse kultivar geword – shiraz . Saronsberg was eers deel van die plaas van die bekende Krone-broers , eienaars van die naasliggende Twee Jonge Gezellen . Die plaas is in die 1950 ’ s deur die broers onderverdeel . Die een gedeelte , toe ‘ n vrugteplaas , is in 2002 aan die huidige eienaar , Nick van Huyssteen , verkoop . Die plan was aanvanklik nie om onmiddellik ‘ n kelder te bou nie , maar ‘ n verwoestende veldbrand wat net 7 groot eikebome , die
Daniela Jansen , wynmaker van Saronsberg-kelder , in die vatkelder op die plaas in die Tulbagh-vallei .
14 MARKtoe ! November 2023