MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 11

LANDBOU

aan die trou-venue en veeldoelige saal , is daar oorblyfsels van ’ n labirint . Die stap in die koelte van die bome skep ‘ n rustigheid in die gemoed .

“ Ons buurman het ‘ n groot plaasdam met heelwat swartbaars daarin . Hier is dus ‘ n geleentheid vir hengelaars om ook langs die dam te ontspan . Buiten die swembad , het ons ook ‘ n swemdam wat deur fontein- en bergwater gevoed word . Die water het ‘ n bruin kleur as gevolg van die gesonde tannien daarin , maar is helder en heerlik om in af te koel . Mense word gewoonlik verras dat die boonste gedeelte van die water baie warm is , maar sodra jy daardeur beweeg , is die dieper koue bergwater nogal verfrissend ,“ spot Ruan .

Hy verduidelik dat hul hoofoogmerk is om die plaas ‘ n ware wegkomplek vir stadsmense en omliggende gebiede te maak . Hulle gaan dit nie verder uitbrei nie en hulle wil ook die oorblywende renosterveld help beskerm .

“ Ons wil hê ons gaste moet hierheen kom om van die daaglikse rotteresies te ontsnap om net lekker in die natuur te kom ontspan . Ons is net bietjie meer as ‘ n uur en ‘ n half se ry van Kaapstad af , op ‘ n mooi en gemaklike roete , en as jy hier aankom sal jy werklik kan ontspan . By elke kothuis is daar ‘ n braaiplek en ‘ n plonspoel op die stoep . Wat is beter as om die sonsondergang vanuit so ‘ n idilliese omgewing dop te hou ?” vra hy .

“ In die winter is die omringende

Een van die poue wat ‘ n mens verwelkom as jy by die Welbedacht-natuurreservaat aankom .
11 MARKtoe ! November 2023