MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 10

LANDBOU

Daar is selfs ’ n paar spesies wat nêrens elders ter wêreld gevind word nie wat ‘ n besoek dus nog meer besonders maak .

“ Ons beplan om dalk later ook groter boksoorte soos elande hier te vestig , maar dan moet ons eers ons wildheinings volgens Cape Nature se standaard oprig . Dit hang ook af van die drakrag van die veld . Tans is die veld baie mooi ná al die reën wat ons vanjaar gehad het , maar dit verander mos maar in die somer . Ons sal in elk geval die springbokgetalle deeglik moet monitor omdat hulle vinnig aanteel en ook om inteling te voorkom ,” verduidelik hy .

“ Elke nou en dan gewaar ons ook rooikatte wat uit die veld hier rondbeweeg en verlede

jaar het hulle heelwat van ons springbokke gevang . Ander diere , soos ystervarke en ’ n groot verskeidenheid voëls is ook hier te sien ,“ vertel hy .

As ‘ n mens na die plaas aangery kom , sien jy gou die wild in ‘ n groot kamp langs die sentrale akkommodasiedeel . Die agtergrond van die omringende berge skets ‘ n prentjiemooi beeld .

Daar is verskeie staproetes op en om die plaas , en die berge bied ook verskeie maar langer roetes . Die fietsryroetes is deur die Tulbagh MTB-klub gevestig en ryers moet gewoonlik ‘ n permit aanskaf , maar gaste op Welbedacht kry gratis toegang . Drie nuwe staproetes word ook binnekort oopgestel .

In die bloekombos naasliggend

Die volop natuurlike fynbos in en om die reservaat lok baie inheemse voëlspesies wat dit die ideale kuierplek vir voëlkykers maak .
10 MARKtoe ! November 2023