MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 12

LANDBOU
Links bo : Daar is volop springbokke op die reservaat en hulle is mak en kan van naby gesien word . Regs bo : Sebras is van die wild wat op die reservaat gesien kan word . Die meeste wild loop taamlik naby die verblyfplekke en kan rustig dopgehou word . Links onder : Die groot akkommodasiesentrum is ideaal vir ‘ n gesin of konferensie- of trougroep . Dit het afsonderlike slaapkamers met en suite-badkamers . Regs onder : Een van die knus kleiner klip-chalets . Elke chalet het sy eie klein plonspoel op die stoep en braaiplek onder dak .

berge dikwels met sneeu bedek en dan is die binnekaggels in elke kothuis ideaal . Dit raak baie koud hier by ons omdat die sneeu soms baie laag teen die berge af lê .“

Ruan vertel dat hulle vroeg in die nuwe jaar met die bouwerk wil klaarmaak , alhoewel hulle in

September reeds hul eerste troue aangebied het .

“ Ons het ‘ n familie-vriendelike wegbreekplek waar ‘ n mens werklik kan ontspan en gemaklik ontslae kan raak van enige werkspanning – met die bonus dat dit in ‘ n asemrowend mooi omgewing is .“

12 MARKtoe ! November 2023