MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 96

JAG & SLAG
JAG & SLAG

“ Vir my is dit’ n jaarlikse opgewondenheid as die winter begin naderstap. Ek en’ n groep oud-skoolvriende gaan al vir 14 jaar op’ n weeklange jag in die Noord- Kaap.

“ Daar is net iets aan’ n jag … dit is samesyn, passie en’ n gemeenskaplike liefde vir die natuur. Die jagters sal verstaan. En dan natuurlik op die ou end is die biltong en droëwors die bonus.”

Geelvet biltong het vir baie Suid-Afrikaners’ n soort kultusstatus, veral onder ou biltongmakers en vleisliefhebbers in die Karoo, Noord-Kaap en Vrystaat. Hierdie ryk, geel vet kom nie van wild nie, maar van bees – spesifiek grasgevoerde beeste wat oor tyd’ n geelvetlaag ontwikkel vanweë hul natuurlike dieet.

Waar party mense eerder hou van maer biltong, weet die ware kenners dat geelvet nie net ekstra geur gee nie, maar ook die tekstuur en mondgevoel van biltong na’ n heel ander vlak neem. Die vet smelt stadig in jou mond, met’ n botterige, amper neutagtige smaak wat jy nie in jong, maer snitte kry nie. Dit seël ook die sout en speserye in die vleis tydens die droogproses en dra by tot die sappigheid van die finale produk.

Geelvet biltong is nie iets wat jy sommer op elke rak kry nie. Dit is’ n delikatesse,’ n geselskapsonderwerp en’ n teken dat iemand weet hoe om reg te kies, reg te sny en reg te droog.

96 MARKtoe! Junie 2025