Nic Knoetze,’ n afgetrede kundige op die gebied van watervoorsiening in die landbou, het onlangs na Benoni in Gauteng verhuis.
“ Nee, nee! Die feit dat ek nou nie meer in die Vrystaat woon nie, maak geen verskil nie. Die jagweek is nou net nóg groter en lekkerder, en daar is meer om na uit te sien. En daar moet natuurlik’ n dag of twee bygesit word, want ek moet verder ry om in die jagveld te kom.”
Hy lag.“ As jag en die verwerking van vleis eers in jou bloed is, sal jy dit nooit anders doen nie.”
“ Ek het reeds hier by my nuwe huis vir my’ n koelkamer en werksplek ingerig. Hier is hake vir die karkasse en genoeg vrieskaste om propvol vleis te pak.”
“ My vrou( Sarie,’ n oudonderwyseres) is baie kwaai en puntenerig, so alle senings en kliere word verwyder. Geen biltong eet lekker as jy die heeltyd senings moet afskeur nie.” Nic gebruik graag Freddie Hirsch se Kameelhout-worsresep speserye: 1 kg op 30 kg vleis. Altesaam 25 % van die vleis is Persie-vleis en vet. Een liter asyn en een liter water. Verwerking in’ n slaghuis werk omtrent R18 / kg uit.
“ Ons familie gaan jaarliks op’ n jagtog waar ons almal heerlik saamkuier. Die kinders en kleinkinders gaan ook saam. Dan werk ons die volgende naweek saam vleis. Daar word biltong, droëwors, patties, maalvleis, skilpadjies en wie weet wat nog gemaak. Dit is’ n wonderlike manier om saam met jou familie só te kuier.”
Of jy nou jag, slag, speserye meng of biltong droog – jy kry alles wat jy nodig het vir elke stap van die proses by Agrimark, in winkel of aanlyn. www. agrimark. co. za