Hy glimlag skaam as jy hom daarna uitvra.“ Dit is seker maar iets wat ek van kleins af leer doen het en ek seker sal doen tot my laaste besoek aan die lang bome eendag. Ek glo die passie wat’ n mens het vir jag en die verwerking van goeie vleis, proe jy op die ou end in die produk.”
“ Jag opsig self is ook duur. Daar is manne wat nie sommer vir jou sal sê wat hul gewere kos nie, maar dit het’ n paar nulle. Dit is seker maar deel van die jagding, maar dit is nie nodig om al die fancy goed te hê nie. Natuurlik is daar ouens wat jag met al die nuutste tegnologie wat beskikbaar is. Ek het’ n goeie range finder( afstandmeter),’ n mikstok vir voorsit-jag en waardevolle gewere wat ek geërf het.”
Hy laai ook graag sy eie patrone, wat weer’ n ander groot uitgawe is om te begin. Kruit is duur en sekere ladings dikwels onbekombaar. Mens kan sommer vinnig deur’ n pakkie patrone hardloop. Sommige gekoopte patrone, afhangend van die kaliber, kos enigiets van R50 tot R100 elk.