MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 88

JAG & SLAG
JAG & SLAG

soos hulle ouer geword het, het ek hulle kans gegee om die verskillende snitte van die bok uit te sny. Biltongvleis díé kant en droëworsvleis daai kant.”

Dewald sê dit is vir hom belangrik dat ou familietradisies in nageslagte voortgesit word.“ Hulle moes jonk al leer hoe om met vleis te werk, waar die kliere sit en hoe om al die senings van die vleis af te sny.”

Beter beheer oor die kwaliteit vleis wat gebruik word

Dit is juis hierdie gedeelte van die vleisverwerking wat maak dat hy verkies om sy eie vleis te werk.“ Só kan ek seker maak dat die vleis

mooi skoon en sonder senings is. Dit is presies waar die geheim van lekker droëwors en biltong lê. Ongelukkig, wanneer mens jou vleis inhandig by’ n slaghuis, word dit in grootmaat verwerk en glip daar dikwels senings en bloedstukke in wat’ n groot invloed op die smaak en tekstuur het.”

Hy vertel die biltonge word uit die beste snitte gesny. Dit word in’ n groot bak gepak en later kom die sout, peper, asyn en koljander by. Die droëworsvleis word van die bene afgesny. Dit word gewoonlik eers gevries om later afgekook te word vir lipaflek-lekker pasteie.

Dewald sê vir hom is die tipe vet wat jy gebruik, die

88 MARKtoe! Junie 2025