Hoewel die tradisie van self jou wildsvleis verwerk na afloop van’ n jagtog al hoe minder plaasvind, is daar tog nog’ n hele paar mense wat verkies om self hul vleis te verwerk en allerlei wildsprodukte te maak.
Dewald Burger,’ n werknemer van Agrimark Grain in Malmesbury, vertel dat elke jagtog op sy eie manier spesiaal is.“ Vir my is dit die lekkerste om met die karkasse by die huis te kom en dan’ n hele familieding daarvan te maak.”
“ Ek het as klein seuntjie op my oupa se plaas in die Karoo geleer hoe om bokke se velle af te trek en die karkas uitmekaar te haal. Dan het ons familie almal bymekaar gekom en vir’ n hele naweek lank vleis gewerk. As tjokker het my oupa vir my’ n lekker snymes in die hand gestop en mooi gewys hoe die vleis van die been gesny moet word nadat die bok opgesaag is.”
“ Ek het weer my twee seuns van kleins af geleer hoe om reeds in die veld die bokke se pense uit te haal. En