MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 89

JAG & SLAG
JAG & SLAG

Beskikbaar by jou naaste Agrimark-winkel: die Mellerware Biltong King Food Dehydrator en LK’ s Biltong Maker van vlekvrye staal. Die Mellerware-model is ideaal vir die maak van biltong en droëwors by die huis en het hangstawe, rakke en deurlopende lugvloei vir vinnige droog. Die LK’ s Biltong Maker is gemaak van 430-graad vlekvrye staal, werk met’ n Xpelair-aanhanger sonder hitte, en sluit 40 hake in vir maksimum kapasiteit.

groot geheim.“ As ek my vleis self werk, kan ek seker maak goeie, sagte vet kom in die droëwors. Anders sit jy met daai vet wat in jou verhemelte vasklou,” lag hy.

Die resep wat hy gebruik, is natuurlik’ n ou resep van sy ouma. Hoewel hy die hoeveelhede en omskakelings( dis nog in pond) na al die jare uit sy kop uit ken, is die klein blou hempsak-sakboekie waarop daar 1986 staan, altyd naderby. Net vir doodseker maak.

Gerieflikheid, geriewe en tyd maak dat jagters eerder vleis ingee vir verwerking

“ Die groot rede waarom mense nie sommer meer hul eie vleis verwerk nie, is omdat mense nie ingerig is daarvoor nie. Jy het spasie nodig. Groot bakke, hakke om die karkasse te hang en’ n koelkamer,’ n vleissaag, worsstopper, goeie snymesse. Dit alles kos’ n klomp geld. Jy moet ook genoeg vriesplek hê.

MARKtoe! Junie 2025 89