MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 68

WINKEL
WINKEL

8.

In die winkel staan die vyf personeellede gereed om met raad en daad’ n handjie by te sit.

En soos’ n klant in die winkel, Hans Jacobus Ohlsen van Kheis, plegtig verklaar:“ As jy nie kan kry wat jy hier soek nie, dan maak hulle’ n plan. Dirkie sal sommer die plaaslike veearts bel as ek’ n probleem met my skaap het. En as ek weer hoor, kan ek maar inkom, want dan het hy dit wat die veearts voorgeskryf het, sommer klaar bestel! Dis mos nou diens!”

9.

8. Agrimark Garies hou’ n verskeidenheid kos aan om elke viervoetkind gevoed en gesond te hou. 9. Die winkel se rakke is vol betroubare smeermiddels vir enige taak op die plaas of by die huis.

68 MARKtoe! Junie 2025