sies en pryse te deel.“ Dit is dus nie vreemd dat een hier om 20:00 in die aand wil weet wat’ n sakkie sement kos nie. En dan antwoord ek hulle sommer net daar en dan. Dít is mos diens!”
“ Ons het beslis’ n paar klante met sterk persoonlikhede,” sê Dirkie met’ n lag,“ maar ná al die jare verstaan ons hulle goed en weet ons presies hoe om met hulle te werk. Ons kan gewoonlik sommer vooruit raai wat hul vrae of bekommernisse gaan wees!”
WINKEL
Die winkel bied iets vir elkeen in die dorp, of jy nou daar in die omgewing woon, of net deur die dorp ry.
Klante kan vinnig indraf vir basiese kruideniersware, verf,’ n verskeidenheid gereedskap, of dit nou vir die plaas of die huis is, groentesaad, tuingereedskap, kos vir die werfhoendertjies of kos vir die viervoetkinders. Diegene wat graag breek en bou, kan gerus kom inloer vir boumateriaal of, in benoude oomblikke, loodgieterbenodigdhede bekom.
7. Vir dié wat graag hulle moue oprol om tuin te maak is daar’ n verskeidenheid blom- en groentesaad op die rakke.