Dit is wat die mense sê wat daar besigheid doen. En Dirkie Willems ook. Drieen-dertig jaar is’ n lang tyd.’ n Leeftyd! Dit is presies hoe lank Dirkie al by Agrimark Garies werk. Hy het as 21- jarige by die stoor ingeval en homself oor die jare opgewerk totdat hy in 2019 as takbestuurder aangestel is.
Dit moet’ n passie wees om mense te dien om só lank by een plek te kan werk?
“ Ja, mens leer ken jou klante oor die jare. Jy weet hoe elkeen gedraad is en waarna hulle soek. Dit is my opstaan en gaan slaap elke dag.”
Dirkie vertel van’ n WhatsApp-groep wat hy vir klante begin het om promo-
6.
4. Jacobus Wildskut, winkelassistent, wys met trots’ n paar vellies wat net so tuis is in die veld as in die dorp. 5. Gingerlee Wildschutt, administrasieklerk, is verantwoordelik vir die winkel se administrasie. 6. Yolanda Klaase, verkoopsklerk, altyd vriendelik en gereed om te help by die betaalpunt.