MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 54

LANDBOU
LANDBOU

7.

7. Ooie kry 2 jaar om meerlinge te baar. Indien hulle faal word hulle vir slag gelaai.

ook só gaan lyk. Daarom soek ek die kwaliteite in ramme wat ek wil hê na hul nageslag oorgedra moet word.”

As die ooi só belangrik is, maak dit dan nie meer sin om’ n ooistoetery van stapel te stuur nie?

“ Jy kan seker ook só daarna kyk. Maar onthou, die ooie wat jy op veilings sien, is die eenhede wat spesifiek voor-berei is vir die veiling – dis die beste wat jy in jou besit het.” Om hierdie presteerders te handhaaf, kies Tiaan slegs die top 30 persent van sy ooilammers om verder mee te teel. Die res volg die weg van alle vlees. Dit wil sê, slegs die beste van die beste ooie word in die toekoms gebruik.

“ In die stoetbedryf loop jou naam jou só ver vooruit dat jy nie kan bekostig om dit skade aan te doen nie. Verkoop een swakgeteelde dier en daardie kliënt kom nie terug na jou toe nie. Toe ek begin stoet het, koop ek’ n ram van R50 000 en daardie ram het vir my letterlik net drie lammers

54 MARKtoe! Junie 2025