5. Teel met’ n puik ram en’ n swak ooi, en jy kry’ n swak lam. Teel egter met’ n swak ram en’ n puik ooi, en jy bekom’ n puik lam.
die teel van spogramme en-ooie? Hy het begin deur die nodige dorperkursusse te doen, om vas te stel wat hy nodig het om te begin.
“ Die beste leerskool bly maar die ouer mense. Mense wat al klaar die pak slae gehad het. So hoekom so dom wees om jou eie pak slae te kry as jy die oom wat langs jou boer kan gaan vra? En ek vra nog elke dag. Oom Gert het vir my gesê,‘ Tiaan, doen dit en dat.’ Op die ou einde het ek toe ook sy diere oorgekoop. En Handré van Wyk op Kenhardt het my ook ontsaglik gehelp en gementor.”
Aanvanklik beskik Tiaan nie oor die kapitaal om diere aan te koop nie. Hy en Handré begin dus om ramme uit te ruil. Tiaan verkies verder dat sy vriend nie vir die gebruik van sy ramme betaal nie. In plaas daarvan gee Handré vir Tiaan ooilammers om sy kudde verder op te bou.
Dit is een ding om met boekgeleerdheid en raad van diegene met ondervinding te teel. Die teler moet egter self’ n oog ontwikkel vir puik ramme en ooie. Waarna kyk die teler?
“ Met jou ramme kyk jy uit en uit vir manlikheid, bou-