Duisend gemiddelde ooie kan byvoorbeeld duisend lammers lewer, en daar steek die produsent vas. Beter ooie en ramme kan egter, by wyse van meerlinge, daartoe lei dat tweeduisend lammers gebore word. Die produksie verdubbel, en daarmee saam die inkomste.
“ Hierdie benadering sorg dan dat jy onder andere goeie ramlammers kry wat vir jou tussen vyf- en sesduisend rand in die sak bring. En as daardie tweeduisend lammers mark toe is, het jy steeds net die minimum ooie wat op jou grond loop. Dus maak hierdie benadering vir jou meer geld. Vir my gaan dit oor besigheid. Jy sit hier op’ n plaas, en daardie plaas moet vir jou sorg. Dit gaan nie help jy sit en kry swaar nie. Indien jy wil boer, moet jy aan maniere dink om geld te maak. Dit is die enigste uitweg.”
Tiaan is heeltemal reg met betrekking tot sy benadering. Maar hoe begin iemand sonder landbou-ervaring nie net boer nie, maar ook met