MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 50

LANDBOU
LANDBOU

4.

4. Garies is nou sy dorp en stoetery sy nering, maar Tiaan het sonder enige landbouervaring begin boer. Sy geloof: vra die ouer produsente wat reeds die pak slae gevat het, dan hoef hy mos nie self weer die pak te vat nie.

“ Die feit is, jou vleispryse word nie beter nie. Byvoorbeeld, verlede jaar het ons dieselfde pryse gekry as wat ons sewe jaar gelede gekry het. Onthou, dieselfde hoeveelheid diere loop op jou grond, en jy kry dieselfde hoeveelheid geld.”

Behalwe dat alles anders intussen duurder geword het. In 2017 het diesel sowat R11.80 per liter gekos. In 2024 kos daardie liter meer as R20.00.

Tiaan se benadering is dus soos volg: Die produsent is beperk tot die hoeveelheid skaap wat op sy beskikbare grond kan loop. As dit nie vir die produsent moontlik is om horisontaal uit te brei nie, brei dan eerder vertikaal uit,

00 MARKtoe! Junie 2025