3. Tiaan reken produsente se inkomste word beperk deur hul grond en die getal vee wat daardie grond kan dra. Deur vertikale uitbreiding kan meerlinge met beter gehalte ooie bekom word.
Tiaan nog altyd gefassineer deur genetika.
“ Hoe genetika aanmekaar pas. Hoe om’ n spesifieke dier te teel deur die regte gene bymekaar te sit.”
Dit was toe juis hier waar die haakplek sy kop uitsteek – Tiaan se pa, die entrepreneur.
“ Hy was maar effe taai oor die storie. Ek was veronderstel om die lorries oor te neem, en my ouers se plan was om in hul strandhuis af te tree.” Logies genoeg het Pa se droom nie waar geword nie. Tiaan glo egter steeds sy naam is nog in Pa se testament geskryf.
“ Hulle het intussen afgetree en is baie gelukkig in Lambertsbaai.”
Nietemin, die rede vir Tiaan se belangstelling in genetika en teel is niks anders nie as die huidige vleispryse.