MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 48

LANDBOU
LANDBOU

Tiaan se ompad na die besit van Loerkop en sy toetrede tot landbou het gekom met draaie, swaaie en’ n netelige haakplek.

Tiaan:“ Loerkop het oorspronklik aan Wilma se oupa behoort, maar hy het die plaas verkoop. Ek het dit toe veertien jaar gelede gekoop. Nou spot my vriende deur te sê sy het net met my getrou om die plaas weer in die familie te kry. Nege jaar gelede het ek begin om dit uit en uit in’ n stoetery te ontwikkel.”

Tiaan het absoluut geen landbou-ervaring gehad nie. Sy pa ook nie, hy is’ n besigheidsman betrokke in die vervoerbedryf.

“ My pa vat nie aan’ n spanner of’ n tang nie. Hy is uitsluitlik’ n entrepreneur.’ n

Penpusher.”

Na skool byt die boerderygogga, en Tiaan gaan studeer aan die voormalige Wellington Landboukollege( tans bekend as CPUT se Wellingtonkampus).

Sover hy kan onthou, was

2. Hierdie afdakke huisves’ n ou Land Cruiser( daardie een met die ronde modderskerms),’ n outentieke na-oorlogse Willys Jeep,’ n Hilux-plaasbakkie met kwale en nog’ n Hilux en’ n Raptor wat in vrede saamleef.

2.

48 MARKtoe! Junie 2025