Tiaan en Wilma Barkhuizen se plaas, Loerkop, lê’ n katspoeg buite Garies. Ten spyte van die mildelike reën wat die omgewing ontvang het, is die paaie wat daarheen lei nié verspoel nie. Die eindelose vlaktes is oortrek met groen bossies. Soos die Namakwalanders sal sê:“ Alles loop hondepisbossie.”
Die plaaswerf is netjies en georden. Onder’ n string afdakke staan’ n ou Cruiser wat vir slack-pack-toere teen die Weskus gebruik word.
Langs dié’ n aansienlik ouer Willys Jeep,’ n puik voorbeeld van die eerste voertuig wat in die voormalige Kalahari Gemsbokpark getem het. Vervolgens staan’ n Toyota Hilux en’ n Ford Ranger knap langs mekaar. Die Hilux vir Tiaan se gebruik, die Ranger vir sy wederhelf Wilma. Ten spyte van die nimmereindigende wedywering tussen hierdie twee handelsmerke is dit die bewys dat twee uiterste teenpole eensgesind kan saamleef.
1. Tiaan Barkhuizen, sy wederhelf Wilma en dogter Jani op die plaas Loerkop, by uitnemendheid’ n dorperstoetery.