6. Hierdie was aanvanklik karakoel-wêreld. Vandag word met dorpers geboer.
maar is hier in ons wêreld.”
Coenrad verwys na Jasper waar dié tydens’ n meer filosofiese oomblik vir sy pa verduidelik het dat enige besigheid, maak nie saak watter soort nie, sy droogtes het. Enige besigheid het sy probleem-diere.
Coenrad sê:“ Van die klas van dinge gepraat, die vleisprys het darem nou so’ n bietjie opgetel, maar ons sal maar moet sien wat gebeur. Gewoonlik, hier teen September wanneer ons bemark, daal die pryse mos weer. Die prys is nou net oor die honderdrand. Dus hoop ons hy sal iewers in die negentigs vassteek.”
Die ander uitdaging en netelrige saak is vleisgradering. Hierdie euwel is bloot van toepassing op die produsent. En hierdie produsent dra ál die onkostes verbonde aan die grootmaak van die lam