maande voordat hulle bemark kan word. Dit is tot agt maande, en ek weet nie agt maande voor die tyd of dit gaan reën nie. Dit maak boerdery hier baie moeilik.”
Hy vertel daar is boeke geskryf oor alle tipes boerdery in al die landbougebiede in Suid-Afrika, maar die Namakwaland het nie so’ n boek nie. Namakwalanders word gedwing om sonder’ n praktiese handleiding te boer.
“ Dit is hoe’ n boer in die Namakwaland gevorm word.
Hy leer alles by sy pa. Die eintlike gesegde is dat jy hierdie wêreld se biesmelk moet gedrink het. En al het jy die bies gedrink, is dit nog nie te sê jy gaan’ n suksesvolle boer wees nie.”
Coenrad se voorskrifte om suksesvol in die Namakwaland te boer: 1. Jy moet ten minste lief wees vir diere. 2. Jy moet in jouself gelukkig wees en nie van bioskope en kroeë en baie mense afhanklik wees nie. Jy moet alleen kan wees, alone but not lonely. Jou