MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 37

LANDBOU
LANDBOU

“ Roofdiere is vir ons op hierdie stadium’ n geweldige probleem.”

Basies vestig die jakkalse en rooikatte hulle in die park, maar kom vir run-throughetes na die nabygeleë plase.

Kom ons keer terug na die begin. Hoe het Coenrad en Jasper in die boerdery beland?

Coenrad:“ Hierdie is’ n familieplaas wat van een geslag na die ander oorgaan. Ek moes destyds’ n nuwe bankrekening op Vredendal gaan oopmaak. Die dame vra toe na my bates. Ek noem toe dit is’ n familieplaas wat ek geërf het. En sy sê:‘ So, jy is die een wat gestraf is.’”

Volgens Coenrad is sy grond opsigself van geen waarde nie.

“ Wat jy nodig het om van te lewe, in rand en sent, moet jy uit hierdie grond kan genereer. Ek moet nou hier ploeg, maar ek weet nie of dit weer gaan reën nie. Ek is die een wat daardie kans moet vat. Ek moet my skaap ook ram gee, en dan is hulle vyf maande dragtig en nog drie tot vier

5. Coenrad en Jasper oes gemiddeld tussen 30 en 100 t koring per jaar en produseer tussen 400 en 3 000 bale voer as dit voldoende gereën het.

5.

MARKtoe! Junie 2025 37