MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 36

LANDBOU
LANDBOU

4.

4. Nadat die saad gesaai het, word die pitte in die grond ingeploeg.

Simon van der Stel het ook in hierdie omgewing oornag op sy weg na Okiep om die kopermyn te vestig. Hy het sy naam en die datum op’ n klip uitgekerf – dus een van die eerste Europese graffitikunstenaars hier aan die onderkant van Afrika.

Nie ver van Sandkopdrif word daar binnekort geprospekteer in die ewige soeke na aardmetale.

“ Mense is mos altyd teen mynbou, maar ek glo geen land kan daarsonder bestaan nie. Jy het daardie ekonomie nodig om die land aan die gang te hou.” Hoe dit ook al sy. Coenrad is’ n voorstander van bewaringslandbou. Later meer daaroor. Hy het egter’ n kleintjie dood aan sekere ander vorms van bewaring, soos die Namakwa Nasionale Park teen die Weskus wat ook groot binnelandse gebiede dek.

Die probleem is dat bewaring, volgens hom, beteken dat niks uitgeroei mag word nie. En dit sluit roofdiere soos rooijakkals en rooikat in.

36 MARKtoe! Junie 2025