LANDBOU streek se siele wat stories so goed soos hierdie mense kan vertel?
LANDBOU streek se siele wat stories so goed soos hierdie mense kan vertel?
Soos vele van die plase in hierdie omgewing het Sandkopdrif’ n lang en interessante geskiedenis.
Coenrad sê:“ Sandkopdrif se geskiedenis kom hier vanaf 1838 af. My voorvader Christoffel Cornelius Dreyer het hierdie plaas toevallig daardie tyd gepag. Daarna is die grond vir’ n tyd lank uit ons besit, maar vanaf 1953 het my pa begin om die grond weer terug te koop.”
Hierdie omgewing is natuurlik ook ryk aan geskiedenis. Hoeka langs die Kotzesruspad is waar’ n groepie Britse konstabels deur hul gevangenes vermoor is.
Coenrad:“ Die rondgaande hof van daardie jare was op Vanrhynsdorp, maar die kriminele is op Springbok vir veediefstal in hegtenis geneem. En hier het die gevangenes die konstabels se wapens afgevat en hulle vermoor.”
3.
3. Coenrad hou altyd sy meerlinglammers aan vir hul vrugbaarheid, en hierdie gebruik lei tot verdere meerlinge. Een ooi met drie lammers is immers voordeliger as een met net een lam.